Song: Nege Lewens
Year: 2014
Viewed: 31 - Published at: 6 years ago

Ek kook nie meer vir twee
Die ander glas staan leeg
Gehoor jy't aanbeweeg
Dit maak my binne seer
Die aande kouer nou
Die kussing ruik na jou
Gebreek wat ons gebou het

Die laaste van my krag is weg
Ek's moeg en seer na die geveg
Wat jy gedoen het was nie reg

My nege lewens het jy almal weggeneem
Die seerste van hul almal was die laaste een
Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen
Ek gaan in vrede heen

Ek skеur die briewe op
Probeer diе trane stop
Kry jou nie uit my kop
Ek hou die deur nog dop
Die laaste van my krag is weg
Ek's moeg en seer na die geveg
Wat jy gedoen het was nie reg

My nege lewens het jy almal weggeneem
Die seerste van hul almal was die laaste een
Want ek het nie net tydelik my hart geleen
Ek't hom gegee vir jou

My nege lewens het jy almal weggeneem
Onthou nog al die trane na die laaste een
Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen
Ek gaan in vrede heen

Die laaste van my krag is weg
Ek's moeg en seer na die geveg
Wat jy gedoen het was nie reg

My nege lewens het jy almal weggeneem
Die seerste van hul almal was die laaste een
Want ek het nie net tydelik my hart geleen
Ek't hom gegee vir jou

My nege lewens het jy almal weggeneem
Onthou nog al die trane na die laaste een
Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen
Ek gaan in vrede heen
Ek gaan in vrede heen

( Ndine (South African) )
www.ChordsAZ.com

TAGS :